Bayer SeedGrowth® – saam groei ons jou boerdery

By Bayer weet ons dat die wêreld van landbou konstant ontwikkel. Onkruid pas aan en temperature fluktureer. Dit is daarom vir Bayer belangrik om aan te pas by die verwikkelinge in die landboubedryf en oplossings te verskaf vir die probleme waarvoor ons boere te staan kom. Dit is waarom ons innovasie aan die voorpunt van ons besigheid plaas. Ten einde boere te help om bestaande gewasbedreigings teen te staan en toekomstige bedreigings vroegtydig te identifiseer en te beveg, is ons konstant besig om ons diverse produkportefeulje uit te brei. In hierdie opsig speel Bayer SeedGrowth ’n kardinale rol. 

 

Volgens Jaco van Zyl, Bayer Climate en SeedGrowth Bemarkingsleier vir Afrika, stel die SeedGrowth-afdeling Bayer in staat om ’n holistiese benadering tot die saadbehandelingsbesigheid en al sy prosesse te neem.

“Daardeur kan ons saadmaatskappye ondersteun om hul besighede en prosesse in saadbehandeling te optimaliseer om die beste, akkuraatste en effektiefste saadbehandeling na die produsent te neem. Bayer SeedGrowth voeg waarde toe deur saadbehandelingsprodukte aan te bied wat uitstekend geformuleer is om die produsent gemoedsrus te gee dat sy gewasse beskerm is in die vestigingsperiode.”

Volgens Jaco, is een van die belangrikste doelstellings van Bayer SeedGrowth, die identifisering van die mark se behoeftes ten einde te verseker dat die beste oplossings ontwikkel en daargestel word om in hierdie behoeftes te voldoen.

“Laaste maar nie die minste nie, staan ons agter ons saadbehandelingsprodukte deur rentmeesterskap, om die produkte, mense en omgewing te beskerm,” sê Jaco. 

Een van die grootste vrae waarmee boere vandag worstel, is: Hoe produseer ek meer met minder? In hierdie opsig bied Bayer SeedGrowth saadbehandelingsprodukte van uitstekende gehalte met kwaliteitformulasies wat, deur akkurate toedienings,verseker dat die saad optimaal beskerm is tydens die vestigingsperiode van die gewas. Daardeur kan verwag word dat meer saad sal oorleef en ’n suksesvolle oes sal verseker.

Bayer SeedGrowth verskaf onder andere saadbehandelingsprodukte soos Gaucho® 600 FS, Baytan® 150 FS en Peridiam® EV26001.

“Ons het onlangs registrasie ontvang vir ’n nuwe swamdodende saadbehandeling in mielies genaamd CREATE® 300FS. CREATE 300 FS is ’n vloeibare konsentraat-sistemiese-saadbehandelingsmiddel vir die die beheer van saadverrotting en saailingverwelksiekte asook die onderdrukking van kop-en pluimvrot in mielies,” sê Jaco.

Deur ontwikkelings soos hierdie, brei Bayer SeedGrowth konstant die gewasbeskermingsportefeulje uit tot voordeel van ons boere en hul boerderybesighede. Bayer SeedGrowth se betrokkenheid in innoverende produkte - en saadbehandelingsmasjiene, asook polimere en dienste vir saadbesighede, is krities om te verseker dat produsente die beste oplossings op hulle saad kry (wat korrek toegedien is) maar ook vir effektiewe werking en puik resultate.

Rugsteun jou boerdery deur wêreldklas-innovasie, kwaliteitsaadbehandelings en tegnologie en gee jou boerderybesigheid ’n hupstoot hierdie komende seisoen.

Create® Reg. Nr. L10658 (Wet Nr. 36 of 1947). Create® bevat die aktiewe bestanddeel Prothioconazole (triazole) 300 g/l (Versigtig).

Gaucho® 600 FS Reg. Nr. L6562 (Wet Nr. 36 of 1947). Gaucho® 600 FS bevat die aktiewe bestanddeel Imidacloprid (chloro-nicotinyl) 600 g/l (Versigtig).

Baytan® 15 FS Reg. Nr. L1697 (Wet Nr. 36 van 1947). Baytan® 15 FS bevat die aktiewe bestanddeel Triadimenol (triazole) 150 g/l (Versigtig).

Peridiam® EV26001 Reg. Nr. L8669 (Wet Nr. 36 van 1947). (Versigtig).

Create®, Gaucho®, Baytan® en Peridiam® EV26001 is geregistreerde handelsmerke van die Bayer Groep.

Lees altyd die etiket en produkinligting voor gebruik en vir verdere aanbevelings. 

 

This browser is no longer supported. Please switch to a supported browser: Chrome, Edge, Firefox, Safari.