CREATE® 300FS – Skep die beste afwerking van die begin af

Bayer glo in geïntegreerde plaagbestuur. Om hierdie rede is saadbehandeling ’n belangrike aspek van ons portefeulje. ’n Holistiese benadering moet met saadbehandelings gevolg word. Met ons SeedGrowth®-portefeulje is Bayer gefokus om in saadbesighede se behoeftes te voorsien, hul te help met opleiding en die verskaffing van die beste produkte, veral in die geval van professionele saadbehandelings wat krities is vir goeie rentmeesterskap. Rentmeesterskap is van kardinale belang vir die volhoubaarheid en beskikbaarheid van gewasbeskermingstegnologie en -oplossings vir produsente, om opbrengste te beskerm. Daarom toets Bayer SeedGrowth® gedurig die beste oplossings, toedieningsmetodes en toerusting om te verseker dat die saadbehandelingsprodukte op die saad kom en bly waar dit geteiken word vir toediening. Hierdeur het Bayer in Augustus 2016 belê in ’n SeedGrowth®-sentrum, geleë in Nigel waar van hierdie belangrike werk gedoen word. Bayer SeedGrowth® se betrokkenheid in innoverende produkte - en saadbehandelingsmasjiene, asook polimere en dienste vir saadbesighede, is krities om te verseker dat produsente die beste oplossings op hulle saad kry (wat korrek toegedien is) maar ook vir effektiewe werking en puik resultate. 

 

Om nuwe molekules te ontdek, die bestes te kies vir ontwikkeling, te formuleer vir die beste kwaliteit, en die ontwikkelingsproses te dryf totdat ’n produk die mark sien is ’n baie duursame en lang proses. Dit is daarom ’n plesier vir Bayer se saadbehandelingsbesigheid om CREATE® 300FS bekend te stel – ’n nuwe vloeibare sistemiese swamdoder-saadbehandelingsmiddel met die aktiewe bestanddeel Prothioconazole (triazole) vir die beheer van saadverrotting en saailing-verwelksiekte asook die onderdrukking van kop- en pluimvrot wat veroorsaak word deur Sphacelotheca reiliana in mielies.

Bayer SeedGrowth® het Prothioconazole reeds geregistreer in koring as Redigo® 100FS, ’n uitstekende oplossing in koring vir beheer teen Stinkbrand (Tilletia spp.) en Losbrand (Ustilago tritici) asook in gars vir die beheer van Bedekte brand (Ustilago hordei) en Losbrand (Ustilago nuda).

CREATE® 300FS is saadveilig en word getranslokeer deur die xileem na die res van die plant en beskerm dan die saad en plant vir verbeterde, egalige opkoms. CREATE® 300FS is goed wateroplosbaar wat gunstig is vir langafstand-translokasie opwaarts in die plant. Tydens die onwikkelingstudies is daar ook gevind dat CREATE® 300FS in kweekhuistoetse ’n positiewe groei-effek gehad het op die saailinge in koleoptiel-metings. Daar kan dus verwag word dat CREATE® 300FS nie die koleoptiel-lengte negatief sal beïnvloed soos wat baie gesien kan word met saadbehandelings nie. CREATE® 300FS het geen nadelige gevolge op erdwurms nie, asook nie op die koolstof- en stikstofsiklusse in die grond nie.

CREATE® 300FS is ’n koste-effektiewe swamdoder wat die produsent gemoedsrus sal gee en ’n belangrike rol speel in die mieliebeskermingsprogram. Die produk het sy staal gewys in klein- en grootskaalse navorsing en het daardeur ook sy plek verower as ’n basis-toevoeging tot die DEKALB®- en Acceleron®-saadbehandelingspakket in die plek van Baytan® 150FS.

CREATE® 300FS is die tweede swamdoder wat Bayer in Suid-Afrika bekendstel in mielies ná Baytan® 150FS wat in die 1980’s bekendgestel is. Innovasie is van kardinale belang en daarom is Bayer besig om vir sy pyplyn die beste moontlike oplossings vir die toekoms in die saadbehandelingspasie te onwikkel. Hou gerus hierdie spasie dop.

Swamsiektes in mielies kan opbrengspotensiaal bedreig en dit is daarom belangrik om die saad optimaal te beskerm en die saailing die beste kans op oorlewing te gee van die begin af. Saadbehandeling as toedieningsmetode kan beskou word as die eerste lyn van verdediging in gewasbeskerming van rygewasse. Alhoewel CREATE® 300FS saadverrotting en saailingverwelksiekte (Fusarium Spp.) beheer wat as ’n belangrike patogeen beskou kan word, is dit ook belangrik om kennis te neem van ander patogene soos kop-en pluimbrand (wat veroorsaak word deur Sphacelotheca reiliana) wat drastiese opbrengsverliese tot gevolg kan bring. Sien onder meer inligting oor kop- en pluimbrand.

Kop-en pluimbrand (Sphacelotheca reiliana)

Die oorsaak van kop-en pluimbrand is Sphacelotheca reiliana. Hierdie patogeen is meer aggressief teenoor spesifieke gashere, alhoewel die patogeen nie gasheerspesifiek is nie. Die spore word vermeerder deur die gasheerplante in gunstige toestande en kan ook deur die wind versprei word. Spore oorwinter in die grond en besmet dan die groeiende gasheer. Die mycelium groei deur die meristematiese weefsel, en die simptome word dan sigbaar wanneer die kop en pluim vorm.

This browser is no longer supported. Please switch to a supported browser: Chrome, Edge, Firefox, Safari.