Bayer Crop Science SeedGrowth™ | Saadbehandelingsoplossings in Suid-Afrika
SeedGrowth™
Met gevorderde tegnologie en wetenskaplike kennis as grondslag, bied ons ’n diverse reeks saadbehandelingsopsies wat pasgemaak is vir ’n verskeidenheid omgewings.
Gewas
4 produkte



SeedGrowth™
Create® 300 FS
’n Vloeibare konsentraat- sistemiese saadbehandeling vir die beheer van saadverrotting en -verdwynsiekte sowel as die onderdrukking van stronk- en pluimbrand wat deur Sphacelotheca reiliana by mielies veroorsaak word.
SeedGrowth™
EverGol® Energy 176.6 FS
n Vloeibare konsentraat saadbehandelingsmiddel vir die beheer van saadverotting en saailing verwelksiekte in mielies en sojabone, sowel as die onderdrukking van vrotpootjie in koring.
SeedGrowth™
Gaucho® FLEXX 600 FS
n Sistemiese insekdoderbevattende saadbehandelingsmiddel vir gebruik op koringsaad vir die beheer van Russiese luis, op mieliesaad vir die beheer van swartmieliekewer, valsdraadwurms, wortelwurms, Astylus larwes, grondkalanders en blaarspringers (die vektor van streepsiekte), op sonneblomsaad vir die beheer van grondkalanders, op sorghumsaad vir die beheer van swartmieliekewer, valsdraadwurms, vaalgrondkewers, grondkalanders en Astylus larwes en op katoensaad vir die beheer van katoen plantluis.
SeedGrowth™
Redigo®
’n Vloeibare konsentraat- sistemiese saadbedekking vir die beheer van genoemde siektes by koring en gars.