Geleenthede in 2024
Ons geleenthede bied 'n platform vir ondersteuning en inligting oor die nuutste innovasies en tegnologie.
Ons geleenthede bied 'n platform vir ondersteuning en inligting oor die nuutste innovasies en tegnologie.
Vanjaar se Nampo was groter en beter as ooit! Hierdie jaar het ’n rekordgetal van meer as 86 000 mense die fees besoek. Bayer se uitstalling by Nampo het die Bayer-aanbod op drie vlakke aangebied: Van die nuutste saad en genetika tot gevorderde gewasbeskermingsoplossings en digitale tegnologie soos FieldView™. Nampo het die geleentheid gebied om direk met ons boere te gesels oor die uitdagings op hul plase en om te praat oor maniere waarop hulle hul insette kan optimaliseer. Ons sien uit daarna om die tegnologie wat by Nampo aangebied is, direk na jou plaas te bring en om jou te help om meer met minder te groei. Maak nou reeds ’n merk op jou kalender vir volgende jaar se Nampo. Ons hoop om jou daar te sien!
Boeredae bied 'n waardevolle kans om direk met ons boere in gesprek te tree, dieper insigte oor hul behoeftes te verkry, ware vennootskappe aan te gaan en ons omvattende reeks oplossings aan te bied. Ons het vanjaar die plaasgemeenskappe van Bultfontein, Rietgat, Fouriesburg en Endicott besoek om te praat oor die uitdagings wat boere in hierdie gebiede in die gesig staar en om hulle te help om oplossings te vind.
Ons geniet dit om direk met ons boere te praat oor oplossings vir die probleme op hul plase. Die Val Boeredag bied die perfekte geleentheid daarvoor. Hierdie boeredag gee ons boere die kans om met ons Bayer-verteenwoordigers oor hul boerderybehoeftes te praat, die nuutste tegnologie in landbou te verken en skouers te skuur met medeprodusente en verskaffers.
Die CRI Simposium is weereens 'n hoogtepunt op ons jaarlikse sitruskalender. Die simposium sal terugvoer gee oor sitrusnavorsing wat gedurende die vorige twee jaar vir die Suider-Afrikaanse sitrusbedryf gedoen is. Hierdie navorsing is gedoen deur navorsers van CRI, verskeie universiteite, die ARC en navorsers in die private sektor. Bayer is trots om 'n borg van hierdie geleentheid te wees.
Hierdie streeksuitbreiding van die bekende Nampo Oesdag bied 'n gelokaliseerde platform vir boere om te netwerk, saam te werk en die nuutste landbou-innovasies in die streek te verken. Nampo Kaap, geleë in Bredasdorp, dien as 'n belangrike middelpunt vir die uitruil van idees, die aanspreek van uitdagings en die dryf van positiewe verandering binne die Wes-Kaap se lewendige landbougemeenskap.