Vrugte en gewasbeskerming in Suid-Afrika | Bayer
Vrugte en neute
Hetsy jy met vrugte soos sitrus en druiwe boer, of met makadamianeute, ons is hier om jou boerderyreis te rugsteun. Ons aanbod is ontwikkel om jou opbrengspotensiaal te optimaliseer.
Sitrusvrugte
By Bayer verstaan ons dat wins en hoë gehalte sitrusopbrengste belangrik is – met die oog hierop het ons ’n reeks gewasbeskermingsprodukte ontwikkel om jou te help om opbrengs te verhoog en gewasse teen onkruid, plae en siektes te beskerm om die hoogste gehalte uitvoerproduk te verseker.
Druiwe – Tafeldruiwe, wyndruiwe en wingerdstokke
Die beskerming van jou gewasse teen eksterne bedreigings is belangrik om 'n suksesvolle seisoen te verseker. Met die oog hierop bied ons ’n reeks produkte wat die druiweboer se strewe na gehaltedruiwe en -wyne in ’n veeleisende uitvoermark sal ondersteun.
Kernvrugte
'n Suksesvolle seisoen hang af van die keuses wat jy aan die begin van die seisoen maak. Geniet seisoenlange beskerming teen peste en siektes met Bayer se gewasbeskermingsoplossings vir kernvrugte.
Steenvrugte
Ten einde 'n optimale oes te verseker, moet jy optimale beskerming bied. Gee jou steenvrugte die beste beskerming moontlik hierdie seisoen.
Makadamia
Beskerm jou makadamiagewasse met Bayer se topklas-gewasbeskermingsoplossings. Ontdek hoe ons jou kan help om meer met minder te groei.
Appels
Wins en hoë kwaliteit vrugte is van uiterste belang in 'n veeleisende en mededingende uitvoermark, daarom het Bayer 'n reeks gewasbeskermingsprodukte ontwikkel om jou te help om jou opbrengste te verhoog en jou appeloeste teen onkruid, plae en siektes te beskerm.