Sivanto Prime

’n Uitklophou vir graanluise

Een van die grootste uitdagings wat graanprodusente in Suid-Afrika tans in die gesig staar, is die voorkoms van graanluise in koringverbouingsstreke en die ontwikkeling van weerstand teen sekere insekdodergroepe. Drie graanluisspesies, die Russiese koringluis (RKL) (Diuraphis noxia), die hawerluis (Rhopalosipum padi) en die graanroosluis (Metopolophium dirhodium), is tans die grootste bedreiging vir graanboere regoor die land.

Tans word graanluise hoofsaaklik op twee maniere beheer: deur chemiese middels en deur die gebruik van geneties weerstandbiedende kultivars. Hoewel hierdie metodes aanvanklik doeltreffend was, is plantluise uiters aanpasbaar en ontwikkel hulle oor tyd weerstand onder seleksiedruk. Dit het gelei tot die ontstaan van groot, vinnig verspreidende populasies.


In ’n onlangse artikel in Koringfokus, plaas dr. Astrid Jankielsohn van LNR-Kleingraan klem op die verskynsel in winterreënval- en besproeiingsgebiede waar die ontwikkeling van weerstand teen van die mees algemene chemiese plaagdoders waargeneem word. Tans is daar ’n beperkte hoeveelheid aktiewe bestanddele wat geregistreer is vir gebruik op graanluise: naamlik die organofosfate (Groep 1 B), die neonikotinoïed-groep (Groep 4 A) en die butenolied-groep (Groep 4 D). In die verlede is insekdoders gebruik wat hoofsaaklik in Groep 1B en Groep 4 A was. Deur die herhaaldelike gebruik van die aktiewe bestanddele in hierdie groepe, veral dimetoaat (dimethoate), imidakloprid (imidacloprid), asetamiprid (acetamiprid) en tiametoksam (thiametoksam), het tot gevolg dat graanluise se vatbaarheid, en daarmee saam die aktiewe bestanddele se doeltreffendheid afgeneem het wat ’n ernstige produksierisiko vir boere inhou.


Tabel 1. Aktiewe bestanddele geregistreer teen graanluise op koring in Suid-Afrika.

Aktiewe bestanddeel

Plaagdodergroep

IRAC Groepkode

Dimethoate

Organophosphates

1B

Imidacloprid

Neonicotinoids

4A

Acetamiprid

Neonicotinoids

4A

Thiamethoxam

Neonicotinoids

4A


Met hierdie uitdaging voor oë het Bayer ’n doeltreffende sistemiese produk ontwikkel teen hawerluis, Russiese koringluis en ander luisspesies – Sivanto® Prime. Sivanto® Prime behoort aan ’n ander groep (IRAC-groep 4D) en bied ’n ander metode van werking as die bestaande plaagdoders wat tans op die mark is. Wat Sivanto® Prime uniek maak, is dat dit geïnspireer is deur die plant Stemona japonica, ’n medisinale plant met natuurlike insekdodende eienskappe wat in Suidoos-Asië voorkom. Die aktiewe bestanddeel, flupiradifuroon (flupyradifurone), is gebaseer op stemofolien – ’n natuurlike isolaat van Stemona japonica. Hoewel wetenskaplikes wêreldwyd al dekades lank probeer om hierdie plant vir gewasbeskerming te benut, het Bayer daarin geslaag om ’n spesifieke komponent met insekdodende eienskappe te identifiseer.


Stemofolien is ’n alkaloïed met opwindende insekdodende eienskappe. Deur die butenolied-farmakofoorstruktuur met twee ander chemiese fragmente te kombineer, het Bayer-wetenskaplikes die doeltreffendheid en selektiwiteit van die aktiewe bestanddeel aansienlik verbeter.


Sivanto® Prime bied langdurige beskerming deur vinnig die voedingsaktiwiteit van insekte te stop, wat gewasskade verminder en opbrengs beskerm. Die produk werk sistemies asook translaminêr sistemies en is effektief teen voedende luise.


Hierdie moderne, omgewingsvriendelike insekdoder het ’n uitstekende veiligheidsprofiel en hou geen gevaar in vir heuning- of hommelbye nie.


Weerstandsbestuur: Sleutel tot volhoubare plaagbeheer

’n Belangrike aspek van weerstandsbestuur is die afwisseling van chemiese groepe, sowel as die ondersteuning van natuurlike beheermeganismes om plaaggetalle laag te hou. Oormatige gebruik van spesifieke IRAC-groepe, bevorder die ontwikkeling van weerstandige populasies. Elke plaagpopulasie bevat individue wat geneties weerstandbiedend kan wees, en mutasies kan ontstaan wat sekere aktiewe bestanddele weerstaan.


Dit is een van die redes waarom weerstandigheid teen sekere luisspesies reeds in gebiede soos die Swartland en Suid- Kaap waargeneem word. Ekonomiese druk noop produsente soms om herhaaldelik goedkoper produkte te gebruik sonder om IRAC-groepe af te wissel.


Die sleutel lê dus in die oordeelkundige gebruik van insekdoders en dit met verskillende metodes van werking af te wissel van jaar tot jaar. Deur Sivanto® Prime te gebruik wat in Groep 4 D val kan weerstandbiedende insekpopulasies beheer word om plaagvlakke so laag as moontlik te hou.


Kontak jou naaste Bayer-verteenwoordiger vir meer inligting oor Sivanto® Prime.