Plantpatoloë van Bayer Internasionaal in die Verenigde State van Amerika het onlangs hul insigte oor Goss-verwelking (Clavibacter michiganensis subsp. nebraskensis) gedeel. Goss-verwelk is ’n bakteriese siekte wat mieliegewasse in die VSA sedert 1969 aantas.
Tydens die sessie het dr. Andrea Dolezal, ’n mieliepatoloog, gepraat oor die geskiedenis van Goss-verwelk in die VSA. Dié streekgebonde siekte het die eerste keer in Nebraska voorgekom en daarna na 23 lande versprei.
Aangesien hierdie siekte verlede jaar vir die eerste keer in Suid-Afrika voorgekom het, het dr. Dolezal en dr. Samantha Thomas met plaaslike mielieboere gesels oor hoe om Goss-verwelksiekte te identifiseer, die lewensiklus daarvan, nie-mieliegasheerplante, genetiese toleransie en hoe om dit te bestry.